VERF is ‘n inklusiewe produk met die ten doelstelling om te voldoen aan
almal se behoeftes, ongeag agtergrond, kulture en vermoëns.
Gerugsteun deur ervaring opgebou sedert 1981, het die produk die kwaliteitstoets deurstaan en is kompeterend met alle handelsnaam-verwe.
VERF se Dekoratiewe, sowel as Industriële produkte bestaan uit grondlae (staal, sement en hout), dak- & plaveiselverf, vloerverf, binne-/buitemuurverf, rubberseëlaars tot implemente-reeks produkte vir plaas- en myntoerusting.
Sentraal in Suid-Afrika geleë vir nasionale verspreiding.